{"product_id":"hoerkind-die-memoires-van-n-randeier-herman-lategan","title":"Hoerkind: Die memoires van ’n randeier - Herman Lategan","description":"\u003cblockquote data-start=\"125\" data-end=\"361\"\u003e\u003c\/blockquote\u003e\n\u003cp data-start=\"363\" data-end=\"572\"\u003eDie joernalis en skrywer Herman Lategan word vroeg reeds 'n hoerkind genoem. Hy is buite die eg gebore. As kind word hy brandarm groot; daar is 'n skaarste aan kos. Op ses gaan hy vir vier jaar kinderhuis toe.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"574\" data-end=\"982\"\u003eOm soos 'n weggooikind te voel spook dekades lank by hom. Albei sy ouers word alkoholiste. Sy stiefpa skiet op hom. Op 13 beland hy in die kloue van 'n pedofiel. In sy tienerjare bevriend hy Afrikaanse digters soos Sheila Cussons, Ina Rousseau, Barend J. Toerien en Casper Schmidt. Hy word in die weermag toegesluit. As jongeling vertrek hy na New York waar hy die kunstenaar Andy Warhol op straat agtervolg.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"984\" data-end=\"1291\"\u003eHy keer terug na Suid-Afrika waar hy op die strate beland. Later gaan hy na verskeie rehabilitasiesentrums vir alkohol- en dwelmafhanklikheid. Een aand word hy gyselaar gehou en met 'n mes gesteek. Hy verloor byna sy been ná 'n motorongeluk tydens 'n besoek aan die oud-rugbyspeler Mannetjies Roux se plaas.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"1293\" data-end=\"1519\"\u003eLater vind hy 'n veilige hawe wanneer sy pad met dié van Graham Sonnenberg kruis. Hy maak opgang as joernalis wat na die verste uithoeke van die wêreld reis. \u003cstrong data-start=\"1451\" data-end=\"1463\"\u003eHoerkind\u003c\/strong\u003e is 'n aangrypende relaas oor verlies én oor oorwinning.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":49983537971439,"sku":"HOE05082","price":149.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasda_a24f83af-5cd0-4152-8fd4-8ff4bed7e6a6.jpg?v=1782424202","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/hoerkind-die-memoires-van-n-randeier-herman-lategan","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}