{"product_id":"historikus-hermann-giliomee-n-outobiografie","title":"Historikus: Hermann Giliomee - ’n Outobiografie","description":"\u003cp data-start=\"48\" data-end=\"227\"\u003eHermann Giliomee verweef die verhaal van sy lewensverloop met dié van ’n land wat hom boei en besiel, ’n land waar die geskiedskrywing sentraal staan tot die hedendaagse politiek.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"229\" data-end=\"716\"\u003eAs internasionaal erkende historikus ondersoek Giliomee lewenslank die ontstaan en handhawing van die skerp verdeeldheid in die Suid-Afrikaanse samelewing. Sy werk is vars en vreesloos, en vind aanklank by kenners en gewone Afrikaanse lesers wat oor hulself en hul verlede begin herbesin. Sy uitgesprokeheid haal hom dikwels die gramskap op die hals – uit uiteenlopende oorde. Hy is al gebrandmerk as ’n “slang in ons midde”, ’n “oorbeligte”, ’n “taalbul” en die “boer in the woodpile”.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"718\" data-end=\"1363\"\u003eHoewel Giliomee as kind van die Afrikaner-volksbeweging in die 1950’s grootword, wyk hy af van die nasionalistiese tradisie in sy kritiese, ondersoek na die opkoms, hoogty en ondergang van eksklusiewe Afrikanermag. Hy leer veral in die 1980’s en 1990’s skerp kritiek op die regering en alleenheerskappy en sy onwilligheid om vanuit ’n posisie van mag te begin onderhandel. Met binnekringkennis is sy verstaan van Afrikanermag ingelig en genuanseerd, iets wat saam met sy onderhoudende vertelwyse lei tot talle topverkopers, waaronder die magistrale \u003cem data-start=\"1264\" data-end=\"1280\"\u003eThe Afrikaners\u003c\/em\u003e, wat in 2003 deur \u003cem data-start=\"1299\" data-end=\"1314\"\u003eThe Economist\u003c\/em\u003e uitgesonder is as een van sy boeke van die jaar.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48235124031727,"sku":"HER04776","price":109.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdas_1507693e-675c-4306-8403-5580af114fe2.jpg?v=1775248481","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/historikus-hermann-giliomee-n-outobiografie","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}