{"product_id":"harry-potter-en-die-towenaar-se-steen","title":"Harry Potter en die towenaar se steen - J.K. Rowling (Harry Potter #1)","description":"\u003cp\u003eHarry Potter... die beste speler in Griffindor se Kwidiekspan. Die jongste speler in driehonderd jaar in die skool se geskiedenis. Die speler wat die meeste punte vir sy huis aanteken en dit hoog bo die grond op ’n towerbesem.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHoe kan dit wees?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHy is dan net ou Harry Potter met die stukkende brilletjie en die litteken op die voorkop wat sy nefie se ou klere moet dra. Hy ken nie eens een towerspreuk nie. Hy het in sy lewe nog nooit op ’n besem gery nie. Hoe kan hy ’n draak help grootmaak en ’n onsigbaarheidsmantel besit en... beroemd wees in die towenaarswêreld?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHy het dan groot geword by die Dursleys, by sy aaklige oom en tante en sy gruwelike nefie, Dudley - ’n groot vet boelie van ’n seun. Sy kamer is ’n kas onder die trappe en in sy hele lewe van elf jaar het hy nog nie een verjaardagpartytjie gehad nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMaar dit alles verander toe ’n posuil ’n geheimsinnige brief by die Dursleys aflewer: ’n brief wat Harry nooi na ’n ongelooflike plek wat hy - en almal wat oor hom lees - nooit sal vergeet nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDit is hier dat hy vriende, Kwiddiek en die towerkuns ontdek. Dit is hier dat hy besef dat groot gevare op hom wag, en ’n groot toekoms...mits hy die uitdagings oorleef.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50841578340591,"sku":"HAR02657","price":79.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/fsddfs_130b7797-ea78-44b5-adff-1e467872cd46.jpg?v=1790624437","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/harry-potter-en-die-towenaar-se-steen","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}