{"product_id":"foxtrot-van-die-vleiseters-eben-venter-first-edition","title":"Foxtrot van die vleiseters - Eben Venter (First edition)","description":"\u003cp data-start=\"147\" data-end=\"989\"\u003eJohannes Steenkamp van die plaas Wilderperdehoek in die Oos-Kaap gaan word John-John in Johannesburg waar hy ’n hele histerie veroorsaak deur argeloos ’n meisie in haar kort mini te gryp … Hendrik Douw Steenkamp, die grootboer en patriarg, word deur sy fier perd Sieraad geleer (en deur die jong werker Laang ingevryf) dat sy dae as heerser van Wilderperdehoek getel is … Buziwe swem ’n gedenkwaardige swem saam met jong Petrus Steenkamp in die warmwaterbron — sy wat op skool van die Comrades en die Struggle geleer het … Mirtel, Wilderperdehoek se bepoeierde boereprinsessie, word saf geaai deur Fritzie, die gevaarlik dom boertjie van langsaan … Bianca Toerien, die gewilde sangeres, raak tydens ’n besoek aan Chili letterlik verstrengel met ’n SAW-generaal, Konstantyn, wat daar is om ’n nuwe martelmetode na Suid-Afrika in te voer …\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"991\" data-end=\"1402\"\u003eDis net ’n paar karakters en grepe uit hierdie ruie, onbedwingbare roman wat die berouelose pennewerk is van Petrus Steenkamp, die seun wat almal rondom hom beloer en sy waarnemings in sy kamer gaan opteken. En wanneer hy beskryf hoe die TV-beeld P.W. Botha se kop heeltemal skeef trek met die afkondiging van die laaste Noodtoestand, kan jy maar weet: die nate van die ou orde trek los, en enigiets is moontlik.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"1404\" data-end=\"1643\"\u003eSoos wilde perde galop stories en gerugte en voorvalle deur die lewens van die twee families op Wilderperdehoek — die Steenkamps en die Xhosa-werkersfamilie, 33 jaar al op Wilderperdehoek sonder dat die Steenkamps mooi weet wat hul van is.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"1645\" data-end=\"1895\"\u003eVan die grusame tot die oersnaakse, die feitlike tot die mitiese, die jammerlike tot die ontroerende — van alles word ruim porsies opgeskep in hierdie banket van ’n boek wat soms letterlik soos ’n watertand-resep lees, soms soos ’n lykskouersverslag.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"1897\" data-end=\"2321\"\u003eVan al die passies wat oor die rasende landskap van Suid-Afrika draai, is ’n danspassie op die ou end dalk die beste. En as jy te doen het met die deurtrapte voetwerk van ’n vos — soos wat Foxtrot van die vleiseters weldeeglik is — kan jy die uitnodiging tot die dans gerus aanvaar en jou duiselig laat draai. ’n Plesieriger, dronker, inniger en finaler afskeidspartytjie van die Ou Suid-Afrika gaan jy nie maklik kry nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"2323\" data-end=\"2473\"\u003eEben Venter se kortprosadebuut, \u003cem data-start=\"2355\" data-end=\"2365\"\u003eWitblitz\u003c\/em\u003e, het in 1986 verskyn. Sedertdien woon hy in Melbourne, Australië, waar hy ’n vegetariese restaurant bedryf.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47321881477359,"sku":"FOX04381","price":129.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/adasda_6566a3e1-ed65-4c4c-9964-8542c262c51c.jpg?v=1766741218","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/foxtrot-van-die-vleiseters-eben-venter-first-edition","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}