{"product_id":"een-vir-azazel-etienne-leroux-1","title":"Een vir Azazel - Etienne Leroux","description":"\u003cp\u003eNa sy opspraakwekkende vierde roman,\u003cspan\u003e \u003c\/span\u003e\u003cem\u003eSewe Dae by die Silbersteins\u003c\/em\u003e, wat in 1964 met die Hertzogprys vir prosa bekroon is, kom Etienne Leroux nou met 'n ewe boeiende roman.\u003cbr\u003e\u003cem\u003e\u003c\/em\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cem\u003eEen vir Azazel\u003c\/em\u003e\u003cspan\u003e \u003c\/span\u003espeel weer op die Welgevonden-landgoed van die Silbersteins, maar dit is agtien jaar na die gebeure in die vorige boek. Jock Silberstein se plaas is nou geskenk aan ‘n Stigting, hoewel die Silbersteins en hul skoonseun, Henry Silberstein-van Eeden, nog daar woon. Salome is oorlede by die geboorte van haar enigste kind, Adam Kadmon Silberstein, ’n reus en ’n idioot. ’n Meisie, Lila, word vermoor, en die hakkelende speurdersersant Demosthenes H. de Goede ondersoek die misdaad, begelei deur dr. Johns.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMet hierdie fantastiese gegewe lewer Leroux ’n roman wat in diepsinnigheid en rykdom van intellektuele krag die lesers van sy werke opnuut sal verras en aangryp.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie titel verwys na die Joodse sondebok. Om bepaalde redes is afgewyk van die spelling\u003cspan\u003e \u003c\/span\u003e\u003cem\u003eAsázel\u003c\/em\u003e, soos dit voorkom in Levitikus 16.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48734533714159,"sku":"EEN04800","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasda_c4d4d4b6-9a68-4017-8589-b4738a4ea235.jpg?v=1776196739","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/een-vir-azazel-etienne-leroux-1","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}