{"product_id":"dulle-griet-riana-scheepers-first-edition","title":"Dulle Griet - Riana Scheepers (First edition)","description":"\u003cp data-start=\"50\" data-end=\"142\"\u003eIn die titelverhaal van \u003cem data-start=\"74\" data-end=\"87\"\u003eDulle Griet\u003c\/em\u003e beleef ’n vrou die verskrikking van haar egskeiding.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"144\" data-end=\"590\"\u003eDolende in ’n vreemde stad, koop sy ’n poskaart-afdruk van Bruegel se “Dulle Griet” in ’n klein kunsmuseum. Dit gee iets van haarself weer:\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDulle Griet stap deur ’n landskap vol geweld en verwoesting. Om haar wriemel gedrogte lustig rond, is vroue besig om huise te plunder. Maar sy is paraat, dra ’n borsplaat van yster. Sy hou al haar aardse besittings saamegebondel in haar voorskoot. Verbete, dalk waansinnig, skry sy voort – na die hel.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"592\" data-end=\"1098\"\u003eTalle ander Griete verskyn in dié bundel.\u003cbr\u003e\u003cbr data-start=\"633\" data-end=\"636\"\u003eVroue wat geluk smaak, hoe “gesteel” en kortstondig ook al: in ’n berghuis op reënnagte; op ’n restaurantmiddag vol poësie en koestering. Of vroue wat hulle uitleef in “vrouesake”.\u003cbr\u003e\u003cbr data-start=\"816\" data-end=\"819\"\u003eMaar meermale is hulle slagoffers van geweld. Uiterlike geweld soos politieke onluste, maar ook subtieler: wanneer ’n huwelik misluk, hulle benoud uitgebuit, verguis of verwerp word. Van die verhale toon hoe mans as seuns reeds gekondisioneer is vir dié geestelike skrikbewind.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"1100\" data-end=\"1226\"\u003eHier word ook vertel van die vroue se weerbaarheid, hoe hulle oorleef. Selfs met gebruik van die skadukant van seksualiteit.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"1228\" data-end=\"1492\"\u003eDie verhale in \u003cem data-start=\"1243\" data-end=\"1256\"\u003eDulle Griet\u003c\/em\u003e boei met hul variasies op temas, verrassende onderlinge verbande, hul kaleidoskopiese geskakeerdheid. Dis verhale wat gelaai is met kontras­te, relati­verings en ironie. ’n Ryk tweede bundel deur die reeds bekroonde Riana Scheepers.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47063406018799,"sku":"DUL04150","price":74.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdas_44ec5756-5c4e-4c7f-8174-986897dc2a12.jpg?v=1762618163","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/dulle-griet-riana-scheepers-first-edition","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}