{"product_id":"die-waarheid-gelieg-t-t-cloete-first-edition","title":"Die waarheid gelieg - T.T. Cloete (First edition)","description":"\u003cp data-path-to-node=\"0\"\u003eDie prosadebuut van T. T. Cloete dra, net soos sy opspraakwekkende poësie-debuut met \u003ci data-path-to-node=\"0\" data-index-in-node=\"85\"\u003eAngelliera\u003c\/i\u003e in 1980, die stempel van 'n unieke woordkunstenaarskap. Sy verhalende tekste toon dieselfde geloof as sy poësie in die vermoëns van die woord: hulle is tegelyk dig en digterlik gekonstrueer. Daarom is lees-op-die-woord-af hier belangrik, en Barthes se bekende uitspraak is toepaslik: \"The interpretation is included in the texture of the narrative.\"\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-path-to-node=\"1\"\u003eDie motto's by elke afdeling is toonsoorttekens, en daarom wegwysers vir die leser om hierdie skryfwerk nie in die eerste plek as bepaald realisties-verhalende prosa te benader nie, maar as \u003ci data-path-to-node=\"1\" data-index-in-node=\"190\"\u003eDichtung\u003c\/i\u003e, \"literatuur\" in die inklusiewe sin van die woord, en dus as die tradisionele teenpool van \u003ci data-path-to-node=\"1\" data-index-in-node=\"290\"\u003eWahrheit\u003c\/i\u003e. Vandaar die spel met die leuen in hierdie verhale. Een van die motto's lui: \"lie creatively\"; die kunstenaar \"lieg\" ten einde iets nuuts te skep, en hierdie nuwe skepping kan beurtelings, in terme van Cloete se verhale, beteken: \u003ci data-path-to-node=\"1\" data-index-in-node=\"529\"\u003eLebensraum\u003c\/i\u003e, verlossing, verheldering van 'n bestaan. In Cloete se verwerking van Alphonse Daudet se verhaal \"Die Pous is dood\" sê die klein wegloper wat sy straf wil vryspring: \"Ek moes 'n storie gereed hê, iets om te sê, en so verstommend, so bevreemdend, dat die verbasing alle verdere ondervraging moes beëindig.\" Die leuen word toevlugsoord, maar tegelykertyd 'n deurgang na 'n ander, \"werkliker\" lewe. Om dít te skep, word in talle van hierdie tekste die roeping van die verteller.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-path-to-node=\"2\"\u003eDie woord, ingeskakel in die stroom van die verhaal, word instrument om betekenis, insig, wysheid te agterhaal. Daarom is daar steeds 'n speurtog merkbaar na woorde wat oer-gewaarwordinge in die mens se gees kan \"omtaal\", 'n soektog na \"taal, dinkkanale\". 'n Mens word dikwels bewus van die wysgerige gedrag van die vertellers in hierdie verhale. Hulle is ten diepste gemoeid met grondtrekke van die mens se bestaan, en tog lei dit selde tot blote bespiegeling en beskoulikheid, omdat hierdie speurtog na verheldering steeds 'n onmiskenbaar (al is dit soms buitengewoon) menslike geval as basis het. \"Literatuur is tog die menslikste ding op aarde deur mense gemaak,\" sê een van die vertellers, en daaraan bly hierdie prosa getrou. Die anekdotiese inslag — getuienis van die funksie van menslike nuuskierigheid! — is oral opvallend: rampe, siekte, abnormaliteite, vreemde en onverklaarbare gebeurtenisse word die kanale waardeur die sprokiesagtige, die onpeilbare, die wonderbaarlike, die goddelike die wêreld binnekom ... vlugtig, soms net-net grypbaar.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-path-to-node=\"1\"\u003eWoord en weet is kernfeite in hierdie prosa. Dit gaan dáárom (in woorde wat aan die verhaal \"Die gaping\" ontleen is): Wat kan 'n mens weet van die mens, van jouself, van ander, van God? En hoe kan die woord gebruik word, in beweging gebring word deur die begeerte om te vertel, om 'n verhaal te maak, om die mens iets van die mens en van God te laat weet?\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-path-to-node=\"2\"\u003eOnlangs het prof. Frida Balk-Smit Duyzentkunst in 'n artikel in \u003ci data-path-to-node=\"2\" data-index-in-node=\"64\"\u003eDe gids\u003c\/i\u003e geskryf: \"De macht van het woord reikt blijkbaar zo ver dat zij de noties van 'goed' en 'kwaad' van plaats kan laten verwisselen. Maar geen enkel woord is bij machte het verschil tussen goed en kwaad op te heffen. Wel maakt het woord ons mogelijk te liegen. En de waarheid te spreken. En — wat ook heel moeilijk is — te zwijgen.\"\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-path-to-node=\"3\"\u003eDie verhale van T. T. Cloete is demonstrasie van sy bemeestering van hierdie mag van die woord.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":49294655357167,"sku":"DIE04850","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/sadasda_cac11ae9-2b97-4c60-aa3b-a1edef02daa7.jpg?v=1777233653","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/die-waarheid-gelieg-t-t-cloete-first-edition","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}