{"product_id":"die-tuiskoms-van-mina-afrika","title":"Die tuiskoms van Mina Afrika - Zuretha Roos","description":"\u003cp\u003eNá jare van ontbering vind Mina Afrika geluk in 'n gastehuis op die rotse naby Visbaai. Sy leef haar uit as sjef in die moderne kombuis, en die interessantste mense maak haar lewe vol.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDaar is die eienares, Jana Jansens – onvoorspelbaar, opstandig, maar stralend sjarmant; Mina se assistent, Betta Pretorius – bekkig, maar die ene begrip; flambojante wêreldreisiger Myra Ballantyne met haar Tarotkaarte immer byderhand; en Klaas Benson, bobaas met swem, braai en drink.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eNou maak Mina se eie \"Harry Belafonte\" ook sy verskyning. Jeffrey Wilson is 'n bekwame skrynwerker wat haar guns probeer wen met sy kunswerke, en op die skoolkonsert sing hulle twee \"Love me tender\" en \"Mary, marry me\". Soms hunker Mina nog na die blou oë van Deon du Toit, maar dié liefde was tog uit die staanspoor gedoem: sy bruin, hy 'n wit konstabel.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eSy verlang ook na Jantjie Oortzen – die weggooikind wat sy vir sy oupa-hulle help grootmaak het. Hy is in matriek en die vrae oor sy onbekende moeder word 'n verterende obsessie by hom.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDan maak Jana eendag 'n doodgewone aankondiging oor bykomende gaste vir middagete.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eSkielik word dit weer nag vir Mina. En vir die mense naaste aan haar.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cem\u003eDie tuiskoms van Mina Afrika\u003c\/em\u003e, reeds 'n topverkoper in eie reg, is die vervolg op \u003cem\u003eDie verdwyning van Mina Afrika.\u003c\/em\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50909270835439,"sku":"DIE05664","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdsadas_faaeaa58-ce4a-421e-a87e-1adc57405f54.jpg?v=1790713381","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/die-tuiskoms-van-mina-afrika","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}