{"product_id":"die-trousseaukis-en-ander-stories-annelie-botes-first-edition","title":"Die trousseaukis en ander stories - Annelie Botes (First edition)","description":"\u003cp data-start=\"86\" data-end=\"813\"\u003e’n Vrou laai vir haar ’n kind en ’n hond langs die pad op, want sy wil nie meer alleen wees nie. ’n Ma besluit om te staak omdat haar man en kinders haar slegter as ’n paradysdonkie behandel. ’n Man begin orrelles neem in ’n desperate poging om God se medelye met hom te toets, maar ontdek dat dit sy eie medemenslikheid is wat beproef word. ’n Predikant verslaaf hom aan ’n rekenaarspeletjie en verloor sy houvas op alles behalwe die geel, rooi, groen en blou blokkies wat hy dag en nag met koorsagtige presisie inmekaar probeer pas. ’n Vrou wat nooit weer aan die huwelik en liefde herinner wil word nie, moet tydens haar skeisaak ’n trourok maak vir ’n aanstaande bruid wat by die dag duideliker oor die buik en bors uitsit.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"815\" data-end=\"1108\"\u003eDis oor boeiende mense soos dié dat Annelie Botes in \u003cem data-start=\"868\" data-end=\"903\"\u003eDie trousseaukis en ander stories\u003c\/em\u003e skryf — vroue en mans met wie jy jou kan en wil identifiseer. In elkeen van die dertien stories wys die verteller dat sy die menslike swakheid én goedheid ken, en dat sy weet hoe om met deernis te vertel.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":49496090738927,"sku":"DIE04894","price":94.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasdsa_b16c5773-9bee-46e9-a5ce-8fccb7644a09.jpg?v=1778100311","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/die-trousseaukis-en-ander-stories-annelie-botes-first-edition","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}