{"product_id":"die-stoetmeester","title":"Die stoetmeester - Etienne van Heerden","description":"\u003cp\u003e\"God sou nooit só 'n spesie bedink nie,\" sê Seamus Butler van sy kantelbokke, en die genetiese frats wat sy vader toevallig geteel het op die Setlaar-familieplaas.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie bokke het 'n aangebore defek wat goud werd is: hulle slaan flou neer as hulle skrik. 'n Enkele kantelbok wei saam met 'n trop kleinvee en as 'n ongedierte toeslaan, word die bok prooi en die kudde ontkom.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHulle, die weemoedige bokke met die spottende geel oë, gee die Butlers rykdom en invloed in die Oos-Kaap – en dis belangrik in die tyd van die groot politieke omkeer. Want die oopbars van 'n oliebron reg in die middel van die hawestad Port Cecil dryf die swart civic-organisasie se aandrang op 'n verenigde stadsraad op die spits.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eAan die voorpunt van die swart aspirasies staan MaNdlovu Thandani, onvernietigbaar en groter as lewensgroot. Teenoor haar: Seamus Butler met sy donker, depressiewe buie wat in hom sleur soos die rivier wat in sewe deltabene deur die stad in die see uitmond. En rondom hulle, in twee wêrelde wat deur die geskiedenis op mekaar afgestuur word, is elkeen se familiekring wat dreig om mee te gee onder die druk van die tyd. Dis hier waar die verhaal van \u003cem\u003eDie stoetmeester\u003c\/em\u003e meesleurend deurloop, deur die lewens van mense, elkeen betrokke by, elkeen uitgelewer aan die boeiende oerwêreld van die Oos-Kaap in 'n tyd waarin skoonheid en wreedheid, gewelddadigheid en hoop verstrengel raak.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50841578209519,"sku":"DIE02655","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasd_b1a470a1-2dae-4067-ae84-dd8f57a93dab.jpg?v=1790546267","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/die-stoetmeester","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}