{"product_id":"die-ou-man-en-die-duif-f-a-venter-first-edition","title":"Die ou man en die duif - F.A. Venter (First edition)","description":"\u003cp data-start=\"78\" data-end=\"450\"\u003eEienaardig, dink hy. Deur die jare het hier al baie renduiwe aangekom. Dan het hulle hulle kos en water gegee, selfs vir hulle slaaphokkies gemaak. Party het ’n dag vertoef, party ’n paar maande. Aan die begin was hulle vreemd, agterdogtig en sku. Eers later het hulle eie geraak hier op die werf. Maar hierdie een! Sy gedra haar asof sy hier aangekom en grootgeword het …\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"452\" data-end=\"716\"\u003eHy gaan sit op sy stoel, nogal ontstig. Eienaardig … haar koms het die hartseer en die bedruktheid in hom so effens laat losskiet. Hy voel meteens nie meer heeltemal so eensaam en verlore nie. Sy is fraai, sy is anders. Sy is lewe. ’n Nuwe, vreemde, polsende lewe.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"718\" data-end=\"815\"\u003eHemelvader, dink hy, kan dit wees? ’n Bestiering? Die genade, die wonderwerk waarom hy gebid het?\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47622668550383,"sku":"DIE04628","price":129.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdas_68988387-049e-4b73-a150-b55893f13b4c.jpg?v=1770239128","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/die-ou-man-en-die-duif-f-a-venter-first-edition","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}