{"product_id":"die-keiser-is-kaal-waarom-regstellende-aksie-misluk-het-dr-dirk-hermann-first-edition","title":"Die keiser is kaal: Waarom regstellende aksie misluk het - Dr. Dirk Hermann (First edition)","description":"\u003cp data-start=\"49\" data-end=\"249\"\u003eDie keiser loop in sy pragkleed deur die skare. Net slim mense kan dié kleed sien. “Hoera vir die keiser se nuwe kleed!” juig die mense. Tot ’n seuntjie verbaas uitroep: “Maar die keiser is dan kaal!”\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"251\" data-end=\"555\"\u003eDie keiser is kaal, sê aartsbiskop Desmond Tutu. Dit is ook die boodskap van verskeie ander vooraanstaande politici. Regstellende aksie het tot nou toe net die swart middelklas bevorder en nie die groot gros mense nie. “Wanneer word regstellende aksie rassediskriminasie?” vra oudpresident F.W. de Klerk.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"557\" data-end=\"1104\"\u003eTalle boeke en artikels verskyn oor maniere om regstellende aksie só toe te pas dat die wanbalans van die verlede herstel word. Daar het egter nog byna niks verskyn oor hoe wittes regstellende aksie beleef en wat die invloed daarvan op dié gemeenskap is nie. Hermann ondersoek hierdie saak in \u003cem data-start=\"850\" data-end=\"870\"\u003eDie keiser is kaal\u003c\/em\u003e en maak voorstelle oor hoe die massa werklik bemagtig kan word. Sy doktorale studie oor die onderwerp sowel as sy praktiese ervaring as adjunk-uitvoerende hoof van die vakbond Solidariteit het hom uitnemend toegerus vir hierdie taak.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"1106\" data-end=\"1198\" data-is-last-node=\"\" data-is-only-node=\"\"\u003e“Mag Suid-Afrika ’n tuiste word vir almal wat daarin woon, swart en wit” – Dr. Dirk Hermann.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48192758644975,"sku":"DIE04726","price":64.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasda_8a4842e4-adb1-4c97-aceb-de9f5b077904.jpg?v=1774301393","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/die-keiser-is-kaal-waarom-regstellende-aksie-misluk-het-dr-dirk-hermann-first-edition","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}