{"product_id":"die-hart-van-zeebak-martie-preller","title":"Die hart van Zeebak - Martie Preller (First edition)","description":"\u003cp\u003eToe Ferdinand bykom, lê hy op die naat van sy rug. Hy kyk na die dowwe sterre en die volmaan wat rond en rooi bokant hom hang. Hy het in die lig ingeloop. Dis al wat hy kan onthou.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHy kom stram orent, draai sy kop heen en weer en roer sy skouers.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eSkielik ruk sy kop op. Dit was dan netnou sekelmaan. Hy soek die Suiderkruis. G'n teken daarvan nie. Wat op aarde . . . ?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie volmaan verlig alles met 'n skemerige dynserigheid. Hy loop tussen ruie bosse deur – g'n doringbome nie. Hy snuif die lug. Ruik vars.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDaar's 'n veraf dreuning. Dit klink soos die see. Dit klink nes golwe wat op rotse slaan.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHy was tog in die middel van die Bosveld . . . ? Hier kan nie see wees nie! Maar dit klink so, ruik so, voel ook so. Selfs die lug is klam op sy vel.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHy raak van sy stewels ontslae en begin te hardloop. Ferdinand, sê 'n stukkie rasionaliteit in sy agterkop, you are losing it. Maar hy ignoreer dit. Hy is hier. Waar hier ook al is. Hy is agttien jaar oud. En hier êrens is die mooiste meisie wat hy nog ooit gesien het.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50909273260271,"sku":"DIE05727","price":84.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasd_39445805-96d1-4a25-8e58-b0aeb34aa288.jpg?v=1791150128","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/die-hart-van-zeebak-martie-preller","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}