{"product_id":"die-hart-van-ons-huis-marita-van-der-vyver-first-edition","title":"Die hart van ons huis - Marita van der Vyver (First edition)","description":"\u003cp\u003eLiewe leser, laat ek myself voorstel: As ek ’n illusie van romantiek wil skep, kan ek sê ek is ’n Afrikaanse skrywer wat op ’n Middeleeuse dorpie in die suide van Frankryk woon. As ek ’n stylvolle indruk wil wek, kan ek sê ek woon in ’n Provençaalse kliphuis met persblou hortjies, pienk rose en laventel voor die kombuisvenster, ’n enorme ou plataanboom langs die hek. Maar as ek eerlik wil wees, moet ek sê ek is ’n moeë huisvrou met ’n té groot gesin wat in Kerkstraat woon.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eOns is ses wat in die kliphuis woon: ek en my Franse man, Alain, en vier kinders tussen die ouderdomme van drie en sewentien. Syne, myne, ons s’n. Dis ons. Maar dis nie al nie. In die somer word ons getalle op ’n daaglikse basis aangevul. Provence in die somer is soos Stilbaai in Desember: groot pret vir vakansiegangers, minder pret vir permanente inwoners. Laas somer het ons drie maande lank elke enkele nag oorslaapgaste gehad.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSoms tot vyf, ses op ’n slag. Saam met ons ses gesinslede, die tienderjarige Neef uit die Noorde wat elke somer hier deurbring, en Daniel se maats wat soos potplante voor die Playstation in sy slaapkamer rondhang, beteken dit gróótskaalse etes elke dag. Kos soos vir ’n kerkbasaar.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eGelukkig hou Alain van koskook. Gelukkig is hy die soort kok wat met drie uie en ’n wortel ’n pot sop vir twintig mense kan optower. Ek het ook geleer om van koskook te hou (wat anders kon ek doen?), maar ek háát alles wat daarmee saamgaan. Die inkopies voor die tyd, die skoonmaak na die tyd, die skottelgoed, die skottelgoed, die skottelgoed. Dis ons. Dis nie so erg soos dit klink nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAangename kennis.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":49833343189231,"sku":"DIE05067","price":74.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/adada_857561aa-de19-40e7-bd43-fb1547fc7050.jpg?v=1782054168","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/die-hart-van-ons-huis-marita-van-der-vyver-first-edition","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}