{"product_id":"die-eerste-lewe-van-colet","title":"Die eerste lewe van Colet - Etienne Leroux","description":"\u003cp\u003eEtienne Leroux is vandag ’n beroemde skrywer. In die literêre wêreld geniet hy internasionale aansien en wanneer daar ’n nuwe werk uit sy pen verskyn, is dit oombliklik groot nuus. \u003cem\u003eDie eerste lewe van Colet\u003c\/em\u003e was die eerste roman waarmee hy sy debuut in die harde wêreld van die letterkunde gemaak het. Maar reeds in hierdie vroeë werk het hy hom onderskei as ’n buitengewone knap skrywer, ’n kunstenaar wat die krag van sy suggestie ken en met ’n  besliste boodskap besiel is. \u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\"Hoekom dreun die see so?\" vra Colet heel in die begin van hierdie roman aan die bruin vrou wat hom oppas. \u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\"Dis die gehuil van verlore siele,\" antwoord sy onder meer. En daar begin dit: die baie waaroms wat hom pynig en verwar en aftakel...totdat hy nie meer vra \"hoekom\" nie, net weet: ék \u003cem\u003eis\u003c\/em\u003e en die lewe \u003cem\u003eis\u003c\/em\u003e en dis alles ’n \u003cem\u003ewildernis.\u003c\/em\u003e\"\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eLeroux het nou al groot hoogtes bereik. Hy is bewus van die gebreke in sy vroeëre werk. Nogtans is dit boeiend om die eerste roman van hierdie fenominale skrywer te lees, want daarin vind mens die varsheid wat so kenmerkend is van goeie kunstenaars se eerste werke.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50698649075951,"sku":"DIE02588","price":94.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/dss.jpg?v=1788902792","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/die-eerste-lewe-van-colet","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}