{"product_id":"die-derde-spoel-s-j-naude-first-edition","title":"Die derde spoel - S.J. Naudé (First edition)","description":"\u003cp data-start=\"48\" data-end=\"421\"\u003eEtienne is twee-en-twintig en studeer filmkuns in Londen nadat hy uit Suid-Afrika gevlug het om diensplig te vermy. Dit is 1986, die tyd van Thatcher, optogte teen apartheid, en Vigs, maar ook van eksperimentele kuns, post-punk en die Royal Vauxhall Tavern. Etienne raak verlief op ’n Duitse kunstenaar in hierdie skadustad waar mense in bouvalige kunstenaarskommunes woon.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"423\" data-end=\"806\"\u003eIn Londen kom Etienne af op die eerste van drie filmspoele wat tydens die dertigerjare in Duitsland verfilm is. Etienne begin na die verlore spoele soek, ’n soektog wat ’n obsessie word wanneer sy geliefde vermis raak in Berlyn. Terwyl Etienne die gevaarlike ruimtes weerskante van die Muur navigeer, begin die verhaal van ’n groepie Joodse filmmakers in Nazi-Duitsland vorm aanneem.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"808\" data-end=\"917\"\u003eEtienne word egter teruggeruk na die hede en na Suid-Afrika, maar sy soektog na die vermiste film duur voort.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"919\" data-end=\"1111\"\u003eArgitektuur, kinematografie, seks, musiek, siekte, verlies en liefde deurweek SJ Naudé se kosmopolitaanse en roerende \u003cem data-start=\"1037\" data-end=\"1054\"\u003eDie derde spoel\u003c\/em\u003e, waarmee hy nuwe grond vir die roman in Afrikaans breek.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":49088392134895,"sku":"DIE04841","price":249.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/sadas_56cbb0ee-58de-423e-ae83-db1fb579f947.jpg?v=1776893385","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/die-derde-spoel-s-j-naude-first-edition","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}