{"product_id":"die-biblioteek-aan-die-einde-van-die-wereld-etienne-van-heerden","title":"Die biblioteek aan die einde van die wêreld - Etienne van Heerden (First edition)","description":"\u003cp\u003eIn 'n swak oomblik stuur Ian Brand, prokureur en Rhodes Scholar van weleer, 'n boodskap op Twitter uit. Sy twiet skiet soos 'n haai deur 'n wolk sardientjies. Dit verander sy lewe onherroeplik, sodat hy veel meer as net gesig verloor en vasgevang word in 'n stryd tussen twee olifante wat die gras om hom plattrap. En Thuli Khumalo, Vallisteleier (\"die nuwe Winnie Mandela\") op 'n kampus wat stink na petrol en traangas, moet kies tussen vaderverraad of haar beginsels versaak. Snaar Windvogel, eens die viooldogtertjie van Matjiesfontein, is nou in transisie onder die lem van die man met die Cyrano-neus, Piekenier Leqluerck, plastiese chirurg en fossa-impresario. Daar is Bill, die oorgewig ontwikkelaar van die bordspeletjie Nkandla en selfverklaarde Jack Lemkus van Bellville, hy met die vaste geloof \"dieAfrikanerisinbeseringstydmymakker\". Asook – vanuit die dampkring van die mitiese Stellenbosse mafia – Groot (Goue Das) de Grootte, vaandeldraer van Operasie Swart Suidooster se sigbewakingsfantasie. Om nie te vergeet nie van Sello die Krap, fixer extraordinaire, meester van vermomming en uithaler saaier van amok. En natuurlik ook doktor Stephen Eliot, ouskool-liberalis en lid van die Komitee vir Kampussemiotiek . . . Dié kleurvolle, vindingryke karakters – en vele ander bit actors met kameerolletjies – bevolk die karnavaleske landskap van die hier en nou, waar stellig die enigste sekerheid is dat die Moederstad se geheimsinnige kruisboogmoordenaar wéér sal toeslaan . . . dit terwyl treine in die Kaapse stasie brand, Twitterbendes agterdog saai, vragmotorbestuurders op nasionale paaie aangeval word en Nommer Een glo met bendeleiers vergader – als onder die wakende oog van die Instituut vir Aanmoediging in 'n naamlose stad in China.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50841577816303,"sku":"DIE02647","price":149.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasda_2a245881-67e0-45b2-8867-f7f60ad64650.jpg?v=1790112891","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/die-biblioteek-aan-die-einde-van-die-wereld-etienne-van-heerden","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}