{"product_id":"die-aanspraak-van-lewende-wesens-ingrid-winterbach-first-edition-1","title":"Die aanspraak van lewende wesens - Ingrid Winterbach (First edition)","description":"\u003cp\u003eNa ’n onthutsende oproep van ene Josias Brandt, vertrek Karl Hofmeyr teësinnig om sy broer, Iggy, wie se kop skynbaar uitgehaak het, te hulp te snel. Karl - ’n heavy-metal-fan - se reis word vertraag deur sy obsessies wat hom in verskillende situasies lelik kniehalter. \u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMaria Volschenk word op ’n dag oorval deur ’n groot leegte. Sy reis na die Wes-Kaap op ’n sending waarteen sy lankal opsien, in ’n poging om hierdie beleërende leegte af te weer. Die twee verhaallyne vloei saam op ’n onwaarskynlike stadsplaas iewers in Kaapstad, waar die broer, Ignatius Hofmeyr, in ’n bitter tweestryd met die onpeilbare Brandt-kêrel gewikkel is. \u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eKomies, hartroerend, meditatief, verruimend. Hierdie roman bied ’n priemende blik op twee parallelle resie: ’n man en ’n vrou op soek na die oorsake van ’n broer en ’n suster se ondergang.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":49079705010415,"sku":"DIE04838","price":169.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/sdfs_2ec78df1-a1df-49d7-aef7-bf09e1ba6b37.jpg?v=1689017178","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/die-aanspraak-van-lewende-wesens-ingrid-winterbach-first-edition-1","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}