{"product_id":"dansmaat-elsa-joubert","title":"Dansmaat - Elsa Joubert","description":"\u003cp dir=\"ltr\"\u003e\"Was maar, ou maat, ons sal nog lank moet was. Nog jare lank moet was.\"\u003c\/p\u003e\n\u003cp dir=\"ltr\"\u003eSó voel die soldate wat in die verhaal \"Offer\" die bloed van 'n dooie predikant onder 'n kerkhofkraan van hul hande probeer was.\u003c\/p\u003e\n\u003cp dir=\"ltr\"\u003eEn in \"Dansmaat\" soek 'n wit vrou 'n antwoord in die oë van 'n swart gevangene in 'n militêre kamp terwyl hulle kaalvoet op bottelskerwe skuifeldans, maar sy besef dat hy die waansin ewe min as sy begryp.\u003c\/p\u003e\n\u003cp dir=\"ltr\"\u003eOm die skending van menslikheid in ons verskeurde land bloot te lê, kyk Elsa Joubert na die vier dekades wat verby is: die futlose verset van wit Suid-Afrikaners in die buiteland; die afbreek van mense se selfbeeld – selfs in die taalgebruik; die afwesigheid van werklike kommunikasie; en die angste, neurose en vernietiging wat voortgespruit het uit 'n stelsel wat mense tot bloedens toe van mekaar verwreem het.\u003c\/p\u003e\n\u003cp dir=\"ltr\"\u003eOm só terug te kyk in die verlede, is om opnuut te beleef: 'n katarsis wat bevryding bring, en die moontlikheid van versoening – soos by die twee vroue in \"In memoriam Johanna\" wat mekaar oor 'n graf heen weer vind, en al die verbittering; of soos by die Afrikanervrou wat in \"Dogters van Afrika\" ontdek in watter mate sy een is met die swart vroue van hierdie land.\u003c\/p\u003e\n\u003cp dir=\"ltr\"\u003e\u003cem\u003eDansmaat\u003c\/em\u003e is 'n bundel wat geen leser sal koud laat nie. Dit sluit aan by die wêreld van Elsa Joubert se opspraakwekkende roman \u003cem\u003eDie swerfjare van Poppie Nongena\u003c\/em\u003e: ontroerend, ontstellend, openbarend, en nie sonder die genade van humor, ironie en hoop nie.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50698649665775,"sku":"DAN02600","price":94.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasda_4d03390b-4255-4f82-920f-1d9d6bd35c9d.jpg?v=1789289831","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/dansmaat-elsa-joubert","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}