{"product_id":"bonga-elsa-joubert-2","title":"Bonga - Elsa Joubert","description":"\u003cp data-start=\"74\" data-end=\"210\"\u003e\u003cstrong data-start=\"74\" data-end=\"83\"\u003eBonga\u003c\/strong\u003e – is dit die verhaal van ’n jong man wat nie sy “plek” geken het nie en daarom moes sterf, en ’n hele gemeenskap saam met hom?\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"212\" data-end=\"394\"\u003eIs dit die verhaal van Inacia Maria se liefde vir ’n man en vir ’n wêreld wat eintlik vreemd was aan haar, ’n liefde wat uiteindelik tot die vernietiging van daardie wêreld moes lei?\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"396\" data-end=\"565\"\u003eIs dit die verhaal van luitenant Vas d’Araujo – en alles waarvan hy simbool is – wat homself in ’n fort verskans het en hulle wat “anders” was as hy, niks gegun het nie?\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"567\" data-end=\"704\"\u003eKan \u003cstrong data-start=\"571\" data-end=\"580\"\u003eBonga\u003c\/strong\u003e gesien word as ’n skerp, skokkende aanklag teen ’n bepaalde opvatting van beskawing, wat die kiem van ondergang in hom dra?\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"706\" data-end=\"831\"\u003eAllerlei elemente is hier aanwesig, saam met alles wat aan Elsa Joubert se werk ’n besondere plek in ons romanliteratuur gee.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"833\" data-end=\"1024\"\u003eDit is ’n verhaal waar in elke klein gebeurtenis daar die flikkering is van wat onder die oppervlakte lê, wat dieper gaan as net die feitelike en wat die diepste nisse van die mensegees belig.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48235043815663,"sku":"BON04774","price":69.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasd_e5f3c759-5969-4356-bdb6-a34c6914688c.jpg?v=1775246307","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/bonga-elsa-joubert-2","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}