{"product_id":"bloedband-die-gelykenis-van-die-verlore-seun-jaco-thom-first-edition","title":"Bloedband: Die gelykenis van die verlore seun - Jaco Thom (First edition)","description":"\u003cp data-start=\"87\" data-end=\"311\"\u003eLukas Malherbe is jou tipiese \"verlore seun\", Ontnugter deur die besef dat hy nie ‘n toekoms op die familiewynplaas het nie, vra hy sy erfporsie by sy pa en vat die pad na die Groot Stad – die plek van Groot Kanse en Groot Geld.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"313\" data-end=\"513\"\u003eHy het ‘n aanvoeling vir die finansiële markte, en vir poker, waaraan die verleidelike Claire hom bekend stel. Sy winste met beide is groot. Maar lank gaan sy geluk met geld en kaarte – en vroue – hou?\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"515\" data-end=\"587\"\u003eWant daar is ook Linda, die besadigde een, wat hom nie alles vertel nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"589\" data-end=\"623\"\u003eWat gaan haar rol in sy lewe wees?\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"625\" data-end=\"677\"\u003eEn wie gaan seerkry as gevolg van sy dwase besluite?\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"679\" data-end=\"973\"\u003eDie verhaal is oorbekend: die tragedie en verlies is rou vir elke nuwe gesin wat dit beleef. Meer as een seun of dogter verlaat die huis en beland op die verkeerde pad. Vir baie is daar ‘n pa en ‘n ma na wie hulle kan teruggaan, iemand wat sal sê: “Jy is ons kind.” Vir talle ander is daar nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"975\" data-end=\"1083\"\u003eMaar vir almal is daar hulle hemelse Pa wat altyd in die pad afhardloop sal kom om hulle terug te verwelkom.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48210344771823,"sku":"BLO04750","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/adasdas_67c56910-6a30-4fd7-b0ba-a1d461372900.jpg?v=1774815692","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/bloedband-die-gelykenis-van-die-verlore-seun-jaco-thom-first-edition","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}