{"product_id":"bidsprinkaan-andre-p-brink-signed-first-edition","title":"Bidsprinkaan - André P. Brink (Signed; First edition)","description":"\u003cp\u003eDokumente vermeld dat Kupido Kakkerlak omstreeks 1760 tot 1825 geleef het.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMaar Kupido is nie gebore nie, ’n arend het hom gebring. En in daardie tyd het ’n bidsprinkaan verskyn: ’n teken van die gode. Wonderwerke het soos optelgoed op die aarde rondgelê.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eIn die aardsheid van Afrika en die eeue oue sfeer van magiesheid en drome, geweld en hartstog laat Kupido hom ken as drinker, bakleier, minnaar, leuenaar – en die eerste Khoi wat as sendeling aan die Kaap die Goeie Hoop georden is. Die raaisel van ’n mens se lewe word ten beste deur die verbeelding benader.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e’n Glansende roman, geslyp op humor en pynlike verlies, diepgaande vertwyfeling en geloof.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e“En voor jou uit, hoog bo, lê die blink sterstreep om vir jou pad te wys. Soontoe. Sóóntoe.”\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":49817232015599,"sku":"BID05046","price":169.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasdsa_e7774dc3-e4c6-4f76-a9f7-95af70bf96df.jpg?v=1781728653","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/bidsprinkaan-andre-p-brink-signed-first-edition","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}