{"product_id":"bevolkingsgroei-ons-tydbom-die-oplossing-vir-suid-afrika-se-bevolkingsprobleem-johannes-jordaan-dr-mandla-tshabalala-en-zanele-mfono-first-edition","title":"Bevolkingsgroei - ons tydbom: Die oplossing vir Suid-Afrika se bevolkingsprobleem - Johannes Jordaan, Dr. Mandla Tshabalala en Zanele Mfono (First edition)","description":"\u003cp data-path-to-node=\"1\"\u003eSuid-Afrika se snelle bevolkingsgroei is 'n tydbom met 'n lont wat vinnig brand. Die eerste resultate van dié onbeheerste groei is reeds te sien in toenemende werkloosheid, armoede en misdaad, 'n tekort aan mediese dienste en onderwysfasiliteite, en plakkerskampe wat soos paddastoele verrys.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-path-to-node=\"2\"\u003eJohannes Jordaan skets in \u003ci data-path-to-node=\"2\" data-index-in-node=\"26\"\u003eBevolkingsgroei – ons tydbom\u003c\/i\u003e die sombere bevolkingsprent volledig: daar word daagliks gemiddeld 3 000 babas gebore, byna 40 persent van Suid-Afrika se bevolking leef reeds in volslae armoede, die aantal werkloses in die land sal na raming binne 10 jaar tot 9 miljoen styg, terwyl agterstande in behuising onrusbarend toeneem. Bowendien veroorsaak die vinnige bevolkingsaanwas ook ander probleme soos destabilisasie op sosiaalekonomiese, politieke en omgewingsgebied. Jordaan se boodskap is duidelik: indien daar nie dringend deur leiers van alle kultuurgroepe en gemeenskappe beplan en daadwerklik opgetree word om die probleem binne hierdie dekade hok te slaan nie, stuur Suid-Afrika op 'n ramp af.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-path-to-node=\"3\"\u003eJordaan wys nie net op die oorsake en gevolge van ons oorbevolkingsprobleem nie, hy doen ook oplossings aan die hand. Hy verskaf inligting oor geslaagde bevolkingsprogramme in verskeie lande, onder andere China, Indië en Thailand. Hy neem ook deeglik kennis van heersende persepsies in Suid-Afrika oor die aangeleentheid wat in ag geneem moet word by die beplanning van 'n geslaagde bevolkingsprogram. Sy twee medeskrywers, dr. Mandla Tshabalala en Zanele Mfono, lewer bydraes oor die opvattings van swart Suid-Afrikaners en die rol en status van die vrou in dié verband, terwyl Jordaan meningsvormers soos teoloë, etici, gemeenskapsleiers en ampsdraers van verskillende liggame laat saampraat oor dié ingewikkelde probleem. Teen hierdie agtergrond doen hy ingrypende maatreëls aan die hand om bevolkingsgroei drasties in te kort. Die leser word genooi om standpunt in te neem en betrokke te raak.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48925167747311,"sku":"BEV04821","price":49.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/dasdsa_b9dfe923-c32a-4572-b3be-c7fc52c9b430.jpg?v=1776460183","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/bevolkingsgroei-ons-tydbom-die-oplossing-vir-suid-afrika-se-bevolkingsprobleem-johannes-jordaan-dr-mandla-tshabalala-en-zanele-mfono-first-edition","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}