{"product_id":"bart-nel","title":"Bart Nel - J. van Melle","description":"\u003cp dir=\"ltr\"\u003eElke keer dat ‘n kunstenaar vir ons die bestaande dinge in die mens se lewe met welslae organiseer tot nuwe sinvolle patrone, bring dit ‘n nuwe verrykende insig in ons menslike bestaan. Ek meen dat dit in \u003cem\u003eBart Nel\u003c\/em\u003e gebeur. \u003cem\u003eBart Nel\u003c\/em\u003e is een van die romans in Afrikaans wat die sterkste aanspraak daarop kan maak dat dit die peil van die Afrikaanse romankuns nader aan die van die Afrikaanse poësie gebring het.\u003c\/p\u003e\n\u003cp dir=\"ltr\"\u003eDit is ‘n verhaal uit die tyd van die rebellie, maar nie uitsluitend óór die rebellie nie. Dit is veral die verhaal van Bart Nel en sy vrou Fransina, en die verhouding tussen hulle.\u003c\/p\u003e\n\u003cp dir=\"ltr\"\u003eFransina is ‘n vrou wat sinvol nadink oor die gebeurtenisse in die land, maar sy is ‘n vrou wat prys stel op die hoë ideale wat sy vir die lewe van haar en Bart tesame het. Daarom verwag sy dat Bart ook die ideale van sy familie bo dié van die politiek moet stel. Maar Bart se besluit om te rebelleer is ‘n noodwendigheid: hy moet getrou wees aan die eiesoortigheid wat hom van die begin van hierdie verhaal af reeds kenmerk—„as ek nie ook gaan protesteer nie, dan wil ek nie meer my naam hê nie. Dan wil ek nie meer Bart Nel wees nie.”\u003c\/p\u003e\n\u003cp dir=\"ltr\"\u003eDie verhaal van vervreemding en vereensaming, van ontnugtering en verlies wat dan sy loop begin neem, spruit uit hierdie eiesoortigheid van Bart en hierdie situasie van misverstand tussen Bart én Fransina. Misverstand, kan ‘n mens dit noem, omdat Bart én Fransina elk ‘n sekere optrede van hul teëparty verwag, wat neerkom op ‘n verkeerde interpretasie van die aard van dié teëparty.\u003c\/p\u003e\n\u003cp dir=\"ltr\"\u003eDie misverstande, die foute van menslike oordeel en insig wat die verloop van dié verhaal bepaal, is bitter, is selfs gruwelik. Maar dis nie foute wat die karakters van hierdie mense, ook nie dié van Fransina, verdag of onbetroubaar maak nie. „Ek loop met my eie oë by die lig wat ek het”, sê Bart op ‘n keer, en dit is in hierdie boek die droewige maar telkens bevestigde waarheid, dat vir geen mens dié lig nog ooit heeltemal toereikend was om selfs dié wat naaste aan hom leef, te verstaan nie.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":51010761261295,"sku":"BAR05750","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasdas_c8ff2163-a592-4ab0-8781-46d6999a6d8d.jpg?v=1792069305","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/bart-nel","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}