{"product_id":"aspoesterskoene-kristel-loots-first-edition","title":"Aspoesterskoene - Kristel Loots (First edition)","description":"\u003cp data-start=\"77\" data-end=\"463\"\u003eSoveel bespiegelings, soveel onbeantwoorde vrae, soveel geheime …\u003cbr\u003e\u003cbr data-start=\"142\" data-end=\"145\"\u003eNá al die jare raak Sarah opnuut in dié web van verskrikking verstrengel.\u003cbr\u003e\u003cbr data-start=\"218\" data-end=\"221\"\u003eHaar matriekreünie moet sy bywoon, na amper ’n kwarteeu haar demone op Doringbaai in die oë gaan kyk, moet sy Marius Malan weer sien. Hy, wat haar magteloos woedend maak, maar steeds haar hart besit. Al is sy Christian se vrou en Waldo se ma.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"465\" data-end=\"852\"\u003eHaar mooi Aspoesterskoene moet haar wankelende selfvertroue ’n hupstoot gee, maar vir haar skuldgevoelens het sy nie raad nie.\u003cbr\u003e\u003cbr data-start=\"590\" data-end=\"593\"\u003eDis sy wat na Gertruida se dood die wantroue in Marius aangehits het, wat sy skuld hemelhoog laat brand het. Omdat sy jaloers was, omdat sy hom wou hê en Gertruida van die hoekhuis nie die voorreg gegun het nie.\u003cbr\u003e\u003cbr data-start=\"809\" data-end=\"812\"\u003eEn hom eiehandig byna vernietig het.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48206904131823,"sku":"ASP04737","price":84.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasd_22972f1a-521b-4644-a501-c2552d57eb17.jpg?v=1774709843","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/aspoesterskoene-kristel-loots-first-edition","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}