{"product_id":"aan-die-sonkant-p-h-nortje","title":"Aan die sonkant - P.H. Nortje","description":"\u003cp\u003eP.H. Nortje is eintlik bekend as jeugverhaalskrywer. Hy het reeds die Scheepersprys vir jeuglektuur vir twee van sy boeke ontvang: \u003cem\u003ePennie se Vuur\u003c\/em\u003e en \u003cem\u003eDie Groen Ghoen\u003c\/em\u003e. Maar nie minder bekend nie én gewild is sy humoristiese vertellings wat gebundel is onder die titel \u003cem\u003eNuut onder die Son.\u003c\/em\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cem\u003eAan die Sonkant\u003c\/em\u003e is wesenlik ’n voortsetting van \u003cem\u003eNuut onder die Son\u003c\/em\u003e. Dit verhaal humoristiese gebeurtenisse waarin die Nortje-gesin - Pa, Ma, Charl, Francois, Pierre Henri en die spaniël-tefie Tessa - betrokke raak. Meestal is dit alledaagse gebeure: die verfraaiing van die sitkamer, ’n rugbywedstryd tussen die ouderlinge en die diakens van die kerk, ’n tydren waaraan die hele gesin deelneem. ’n Lenteloop.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMaar dan gebeur die wonder: Elke insident word ’n avontuur in ’n nuwe sleutel, ’n kostelike stukkie lewe waarin die leser deel. ’n Mens is nie meer toeskouer wat verlangend toekyk nie, maar deelnemer. Jy word ’n Wellingtonner in murg en been.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eJy duik jillend saam met die ander mense in die borrelbad op Esmè se plaas, jy deel in die vreugde van Wellington...\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eP.H. Nortje is ’n onderhoudende verteller, ’n fyn waarnemer van die klugtige situasie, ’n sprankelende humoris, ’n mens wat die vermoë besit om skerp na binne te kyk en aansteeklik te lag. Sy tweede bundel sketse is ’n bron van plesier vir oud en jonk.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48734561272047,"sku":"AAN04802","price":84.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdas_268fc055-4e35-4e5b-8d46-2ef82d35a127.jpg?v=1776199644","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/aan-die-sonkant-p-h-nortje","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}