{"product_id":"30-nagte-in-amsterdam-etienne-van-heerden-first-edition","title":"30 nagte in Amsterdam - Etienne van Heerden (First edition)","description":"\u003cp data-start=\"49\" data-end=\"398\" class=\"\"\u003e\u003cstrong data-start=\"49\" data-end=\"57\"\u003eZan.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003c\/strong\u003eSy’s ’n pragtige maar eksentrieke vrou, ook bekend as Xan met die onverwagse toevalligheid of Xusan met die geheimsinnige glaskamer.\u003cbr\u003e\u003cbr data-start=\"192\" data-end=\"195\"\u003eSy’s die Susan met die onstigtelike erotiese drif. As aktrise en politieke aktivis het sy ’n voorliefde vir vreemde vriende, soos die rolprentmaker Cecil Dimaggio en die straatmusikant Manuel D’Oliveira.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"400\" data-end=\"875\" class=\"\"\u003eHenk de Melker, museumassistent in ’n klein Oos-Kaapse dorpie, ontvang onverwags ’n brief van ’n juris in Amsterdam waarin hy ingelig word dat sy lankverdwene Tante Zan haar huis in die stad aan hom nagelaat het.\u003cbr\u003e\u003cbr data-start=\"614\" data-end=\"617\"\u003eHy, “Henk Ekskuus”, is ’n voetjie-vir-voetjie-navorser, die skrywer van dun boekies waarin die lewens van onmerkwaardige mense opgeteken word – soos die beoogde een oor Cornelius van Gogh, die onbekende broer van Vincent en Theo, wat in Suid-Afrika begrawe lê.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"877\" data-end=\"1415\" class=\"\"\u003eHenk reis na Nederland om sy erfenis op te eis; terselfdertyd wil hy verdere navorsing oor Cornelius van Gogh doen. Hy moet besluit of hy permanent wil emigreer of nie, nadat hy eienaar word van ’n woning in Amsterdam.\u003cbr\u003e\u003cbr data-start=\"1095\" data-end=\"1098\"\u003eMettertyd word hy ingesuig in die maalstroom van die gragtegordel met sy sakkerollers, prostitute en straatmusikante. Sy ervarings in die binnestad konfronteer hom ook opnuut met sy kinderjare – saam met Tante Zan in die huis van sy ouma – en die invloed wat sy avontuurlike tante ná al die jare steeds op sy lewe het.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"1417\" data-end=\"1622\" class=\"\"\u003e\u003cstrong data-start=\"1417\" data-end=\"1622\"\u003eWant deur alles wat van hom weggesteek is, eindelik oop te vlek, leer Henk de Melker homself opnuut ken. Die dertig nagte wat hy in Amsterdam deurbring, verander sy besadigde lewe onherroeplik.\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":49514914480367,"sku":"DER04913","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasda_beb7bd35-9fb6-4191-9e91-ea0821986286.jpg?v=1778621903","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/30-nagte-in-amsterdam-etienne-van-heerden-first-edition","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}